Thursday, February 17, 2011

In Memoriam: Oupa Willem (94)

Ek kan nogsteeds nie glo dat Oupa weg is nie. Dis vir my bitter moeilik om te aanvaar dat 'n ikoon van 'n man, eenvoudig nie meer asemhaal nie. Ja, ek sukkel met die feit dat Oupa eintlik ook net mens was. Hier ver, sit ek stomgeslaan...
Maar dan kom die wonder - met elke dag raak dit vir my meer duidelik: Oupa is nie weg nie. Ek begin hom hoor as ek praat. Ek begin hom sien in die spieël. Ek herken sy stempel in myself.
Oupa was wel net 'n mens - maar hy is ook meer as mens:
Hy is legende.
Hy is nageslag.
Hy is ons.
Sy son het nou uitgebrand - maar sy lig sal nog vir geslagte lank oor en deur ons skyn.

Sing asseblief saam met my 'n loflied, uit dankbaarheid vir 'n man om te volg, en op trots te wees.

Met al my liefde,
Willie van Willie.

Posted by ShoZu

No comments:

Post a Comment

awesome! thanks for popping by - now type forth and let fly!